Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kranskop (Krantzkop)
Kranskop [boodskap #122604] So, 23 Desember 2018 09:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kranskop (vroeër Krantzkop gespel) is 'n dorp naby Greytown, Natal, in die hartjie van die wattelgebied. Belangrikste kenmerk is die beroemde bergpiek met byna vertikale kranse vanwaar die naam kom. Dit is die eerste keer in 1879 deur kaptein A.M. Montgomery van die Natalse Naturellekontingent bestyg. Die Bantoenaam is Ntunjambili, wat 'die twee gate' beteken. Dit is afgelei van die twee duidelike gapings naby die kruin. Die voormalige Umsinga-goudveld is daar naby geleë.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kramat
Volgende onderwerp: Krause, Albert Edward Jacobus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:11:50 MGT 2024