Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kraanvoël
Kraanvoël [boodskap #122600] So, 23 Desember 2018 09:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kraanvoël.
'n Kraanvoël.
Die Kraanvoël (familie Balearicidae) is 'n sierlike en statige voël, groter familielid van die korhaan en riethaan gewoonlik in die Karoo, Hoëveld, Transkei, Natal en Zoeloeland aangetref. Alle kraanvoëls het vere wat aan albei kante van hulle sterte oorhang en is lief om te pronk en te dans. Die blou- of Stanley-kraanvoël word in die Hoëveld aangetref en kan maklik makgemaak word. Lewe van akkedisse, insekte, wortels of graan. Die pragtige mahem met swart kop, goue kuif en rooi of goue stert, is 'n kuddevoël van die vleie van Natal en Zoeloeland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kraal
Volgende onderwerp: Kragsentrale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:34:58 MGT 2024