Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kraai (Corvidae)
Kraai [boodskap #122595] So, 23 Desember 2018 09:34
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kraai (familie Corvidae, die kraaiagtiges) is groot, oorwegend blinkswart voëls wat enigiets vreet. Die geslagte lyk eners en jonges lyk baie soos volwassenes. Hulle roep tipies hard en skor. Nie 'n belangrike familie in Suid-Afrika nie, hoewel daar drie bekende tipes is. Die withalskraai is 'n algemene groot swart voël met 'n wit hals of kraag. Bou sy nes op rotslyste jaar na jaar op dieselfde plek. Die witbors- of bontkraai, ook 'n aaseter, is die mees algemene in Suid-Afrika. Die swartkraai vreet graan, insekte en aas, bou sy nes dikwels in bome en is skaarser.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kowierivier
Volgende onderwerp: Kraaibes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:10:56 MGT 2024