Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kotze, Sir John Gilbert
Kotze, Sir John Gilbert [boodskap #122589] So, 23 Desember 2018 09:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John Gilbert Kotze was die Hoofregter van die Suid-Afrikaanse Republiek, later regter, Appèlafdeling. Op 5 November 1849 in Kaapstad gebore en studeer aan die South African College en Londense Universiteit. Hy word toegelaat tot die 'Inner Temple' in 1874 en keer in dieselfde jaar terug na die Kaap om met sy praktyk te begin maar verhuis in 1876 na Grahamstad. In 1877 word hy aangestel as regter van die Hoërhof van Transvaal en bevorder tot Hoofregter in 1881. In 1897 kom hy in konflik met president Kruger en in 1899 gaan hy na die Kaap. 'n Jaar later word hy aangestel as Prokureur-generaal van Zimbabwe (Rhodesië). Word senior advokaat in 1902 en word in 1903 aangestel as regter van die Hof van die Oostelike Distrikte waar hy in 1904 Regter-president word. In 1913 word hy aangestel as onderregter in die Kaap en Regter-president in 1920. In 1922 sluit hy aan by die Appèlafdeling en tree in 1927 af. Op 1 April 1940 in Kaapstad oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kotze, Ds. Johannes Jacobus
Volgende onderwerp: Kotze, Sir Robert Nelson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:41:24 MGT 2024