Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kosibaai
Kosibaai [boodskap #122585] So, 23 Desember 2018 08:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kosibaai is 'n inham aan die Zoeloelandse kus met 'n nabygeleë lagune. Die Regering het oorweeg om dit as hawe te ontwikkel deur 'n kanaal in die lagune te sny. In 1923 het sir George Buchanan, 'n leidende oorsese deskundige, die terrein besoek en het planne tesame met die aangrensende Sordwanabaai uitgewerk. Hoewel tegniese probleme nie onoorkomelik is nie, is hierdie projek sedertdien nog nie opgevolg nie. Die steeds-toenemende vragverkeer op die Rand-Durban-lyn, tesame met die groei van die steenkooluitvoer, het dié idee later laat herlewe, maar in 1965 het die Regering besluit om Richardsbaai te ontwikkel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kos
Volgende onderwerp: Koster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:41:30 MGT 2024