Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Korana
Korana [boodskap #122581] So, 23 Desember 2018 08:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Korana was 'n Khoikhoi-stam wat aan die noordelike grens van Kaapland gewoon het. Hulle is verdeel in 'n aantal stamgroepe, wat die Springbokke, die Towenaars en die Regshande insluit. Kom glo oorspronklik van die Groot Mere in Sentraal-Afrika van waar hulle deur die Bantoes suidwaarts gedryf is. Baie het hulle langs die vallei van die Oranjerivier gevestig. Langer as die ander Khoikhoi (Hottentotte) en meer aggressief. Een van hulle ou gebruike was om oues van dae deur wilde diere te laat verslind. Baie van hulle het hul op Klaarwater en Campbell gevestig, waar hulle beïnvloed is deur 'n beroemde sendelingpionier, eerw. John Campbell. Na omstreeks 1820 het hulle mag afgeneem en het hulle ondertrou met Boesmans en ander stamme. Vandag bestaan daar feitlik geen suiwer Koranas nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koraalvis
Volgende onderwerp: Kornetspruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:14:09 MGT 2024