Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koper
Koper [boodskap #122576] So, 23 Desember 2018 08:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Koperkristalle
Koperkristalle
Koper is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Cu en atoomgetal van 29.

Hoewel prehistoriese kopersmelterye reeds by Phalaborwa en elders bestaan het, het kopermynbou aan die Kaap in 1685 begin toe Simon van der Stel 'n ekspedisie na Namakwaland gestuur het waar 'n aantal maatskappye, waarvan die Cape Copper Company meeste sukses behaal het, in 1852 met ontginning begin het. As gevolg van Amerikaanse belange is die installasie op Nababeep e.a. die afgelope jare gemoderniseer. Hoëgraadse blasieskoper word in Namakwaland reproduseer, 'n buitengewoon suiwer produk by Messina waar smeltery in 1904 begin het, en elektrolitiese koper by Rustenburg. Daar is groot reserwes sulfidiese erts in al drie streke en klein neerslae kom voor in die distrikte Letaba, Potchefstroom, Soutpansberg, Warmbad en Lydenburg in Transvaal, en Upington, Kenhardt, Hay, Prieska, Gordonia, en Port Elizabeth in Kaapland. Twee koperneerslae saam met nikkel en platina word aangetref naby Rustenburg, en Mount Ayliff. In Zambië het 'n ontsaglike nywerheid in die Koperstreek ontwikkel en kopermynbou word op kleiner skaal in Zimbabwe (Rhodesië) by Umkondo beoefen. Koper word ook in Namibië (Suidwes-Afrika) by Tsumeb aangetref. Sien ook Phalaborwa, Messina en Nababeep.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koopmans-De Wet, Mev. Marie
Volgende onderwerp: Kopersbond Beperk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:43:28 MGT 2024