Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koopmans-De Wet, Mev. Marie
Koopmans-De Wet, Mev. Marie [boodskap #122575] So, 23 Desember 2018 08:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mev. Marie Koopmans-De Wet . In 1834 in Kaapstad gebore, as Marie de Wet. Haar lewe het in dieselfde huis in Strandstraat begin waarmee haar naam permanent geassosieer word. Haar vader was 'n bekende advokaat in die stad. In 1864 trou sy met J.C. Koopmans, 'n Hollander en draer van die Swart Roede in die eerste Kaapse Parlement. Haar woning wat pragtig gemeubileer was, was gou dwarsdeur die Kolonie bekend vir sy gasvryheid. Sy het skatte uit baie dele versamel, veral van die vroeë Kaapse kuns en meubels. Sy was ook 'n leier in die herlewing van die stryd om die regte van die Afrikaner. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het sy haar huis oopgestel vir gebruik as 'n depot vir die versameling van goedere vir noodleniging aan vroue en kinders. Na haar dood in 1906 het haar oorspronklike versameling versprei geraak maar die huis is later gekoop en ingerig as 'n museum van Suid-Afrikaanse nasionale oudhede. Baie van die ou skatte is so teruggebring. Vandag is dit 'n nasionale monument.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koopman
Volgende onderwerp: Koper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:39:48 MGT 2024