Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kommando
Kommando [boodskap #122562] So, 23 Desember 2018 08:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kommando is 'n Suid-Afrikaanse militêre organisasie, oorspronklik in die lewe geroep om veediewe te agtervolg in die vroeë dae van blanke nedersetting. Weldra was elke weerbare burger verplig om, wanneer opgeroep, sy eie perd en geweer te verskaf en deel te neem aan die straftogte. Dit het die basiese kenmerk van die Kommando gebly. Tydens die Nederlandse bewind aan die Kaap het Kommando's deel geword van die wette van die land. Die stelsel is deur die Voortrekkers oorgeneem en verder uitgebrei en was 'n groot sukses in die Vrystaat en Transvaal. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het Kommando-diens elke gewone burger verplig om na vore te kom met perd en toebehore, geweer en ammunisie en kos vir 'n sekere aantal dae. Soortgelyke metodes is toegepas in kolonies onder die Britse gesag, onder die Vrywilligerstelsel. Met die stigting van die Unie-Verdedigingsmag in 1912, het die hoofkenmerke van die Kommandostelsel behoue gebly sover dit die plattelandse distrikte betref. Hoewel die toerusting en sekere besonderhede van die organisasie gemoderniseer is, het die stelsel behoue gebly.

Vanweë die beweeglikheid en sukses van die stelsel tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is die woord Kommando ook gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Brittanje gebruik vir hoogs-opgeleide gespesialiseerde magte van die leër en die vloot.

Die ANC bewind het die eens doeltreffende stelsel van kommando's mettertyd afgeskaf. Dit het tot 'n toename in moord, roof en algemene wetteloosheid op veral plattelandse gebiede gelei.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kommadagga
Volgende onderwerp: Kommetjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:44:34 MGT 2024