Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kolbe, Peter
Kolbe, Peter [boodskap #122557] So, 23 Desember 2018 08:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Peter Kolbe (Eintlik Kolb) was 'n vroeë Duitse reisiger in die Kaap. In 1675 gebore. Seun van 'n grofsmid. Word arm groot maar slaag daarin om te studeer aan die Universiteit van Halle, waar hy in 1701 sy doktorstesis skryf oor die aard van komete. Kom in 1705 na die Kaap waar hy verwelkom is deur Willem Adriaan van der Stel. Begin met 'n wetenskaplike studie van die Kolonie en sy mense, blank en nie-blank. Hy bly tot 1712 toe tydelike blindheid hom genoodsaak het om na Europa terug te keer. Daar het sy beroemde boek, Caput Bonae Spei Hodiernum in 1719 in Neurenberg in folio-vorm verskyn en is herhaaldelik herdruk. 'n Klassieke werk, baie van die betwiste bewerings word vandag bevestig. Later 'n skoolhoof. In 1726 in Duitsland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kolbe, Monsignor Frederick Charles
Volgende onderwerp: Komatipoort
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:03:22 MGT 2024