Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kolbe, Monsignor Frederick Charles
Kolbe, Monsignor Frederick Charles [boodskap #122556] So, 23 Desember 2018 07:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Monsignor Frederick Charles Kolbe was 'n Katolieke geleerde, skrywer en priester. In 1854 in George, Kaapland gebore en seun van bekende Protestantse predikant van die Londense Sendinggenoodskap. Studeer as advokaat in die "Inner Temple", Londen, toe hy bekeer is tot die Katolieke geloof en word priester. Na sy doktoraal in Teologie in Rome keer hy in 1882 terug na Suid-Afrika. Hy het nie net 'n leidende rol in sy kerk gespeel nie, maar ten spyte van doofheid, was hy 'n vooraanstaande persoonlikheid in universiteitskringe, skrywer van boeke oor filosofiese en godsdienstige onderwerpe, 'n bergklimmer en wetenskaplike. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kokstad
Volgende onderwerp: Kolbe, Peter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:42:42 MGT 2024