Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kokstad
Kokstad [boodskap #122555] So, 23 Desember 2018 07:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kokstad is 'n dorp in Oos-Kaapland en hoofstad van die vroeëre onafhanklike gebied van Griekwaland-Oos. Deur Adam Kok III in 1862 gestig nadat hy sy volk, die Griekwas, daarheen gelei het op hulle historiese trek oor die Drakensberg van Philippolis in die Oranje-Vrystaat. Die dorp lê onderkant die berg Currie en is 'n florerende beesgebied met 'n melknywerheid. Daar is geboue en monumente wat dateer uit die dae van die Griekwastaat. Hoogte bo seespieël: 4,210 voet. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 7,984 (2,177 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kokkewiet
Volgende onderwerp: Kolbe, Monsignor Frederick Charles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:19:07 MGT 2024