Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kok
Kok [boodskap #122552] So, 23 Desember 2018 07:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kok is die naam van agtereenvolgende leiers van die Griekwavolk. Adam Kok I, 'n kok, het sy vryheid as slaaf uitgekoop en vestig hom vroeg in die 18de eeu naby Piketberg. Hy word hoofman van die naburige families en verskuif hulle na die Namakwa-landstreek, waar hulle bekend raak as die Griekwavolk. Comelius Kok (sy seun) het hom opgevolg en tot omstreeks 1816 regeer. Adam Kok II het die vriendskap van sendelinge gewen. Hy abdikeer ten gunste van Waterboer in 1819. Oorlede in 1837. Adam Kok III is leier van die historiese trek van sy mense van Philippolis in die Oranje-Vrystaat (waar hulle hulle gevestig het), oor die Drakensberg tot in Niemandsland wat bekend geword het as Griekwaland-Oos; en lê Kokstad uit. In Oktober 1874 het hy sy mense onder die Kaapse Koloniale Regering geplaas en is op 30 Desember 1875 oorlede. Sy graf is 'n plek van bedevaart vir die Griekwas.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koffiefontein
Volgende onderwerp: Kokerboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:02:02 MGT 2024