Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koffiefontein
Koffiefontein [boodskap #122551] So, 23 Desember 2018 07:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Koffiefontein is 'n diamantdorp aan die Rietrivier in die Oranje-Vrystaat. 'n Soort van kamp het sedert 1870 daar bestaan toe die eerste stene daar opgetel is. Geen dorpsgebied is egter voor 1892 uitgelê nie. Die oorsprong van die naam is al op verskeie maniere beskryf - dat die oorspronklike Griekwa-eienaar van die gebied, Klaas Kok, koffiesaad in 'n nabygeleë berg gevind het of dat twee boere, Du Toit en Scholtz, twee vet skaapooie daar vir 'n hoeveelheid koffie geruil het. Die myn was bekend vir sy goeie gehalte diamante en was van die oop-myn tipe. Gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog daar naby plaasgevind. As gevolg van 'n skielike prysdaling is die myn, wat in 1911 deur De Beers oorgeneem is, gesluit. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die geboue, deur die Regering as interneringskamp gebruik. In 1950 is die myn heropen. Koffiefontein is ook 'n landbousentrum. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 2,985 (841 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koffie
Volgende onderwerp: Kok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:36:08 MGT 2024