Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koekoek (Cuculidae)
Koekoek [boodskap #122547] So, 23 Desember 2018 06:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Koekoek (familie Cuculidae) is 'n taamlike groot voël. Volop in die somer in Suid-Afrika. Gedurende die wintermaande trek die egte koekoekvoëls, in teenstelling met die vleiloerie na Sentraal-Afrika of verder noord. Anders as die Europese koekoek, het die familie baie variëteite. Almal het kort, sterk bene (vleiloeries het langer bene) en 'n geronde stert. Die kleintjies word in ander voëls se neste grootgemaak, soos Europese koekoekvoëls. Die ander jong voëltjies word uitgewerp. Insekte-eters, veral lief vir harige ruspes. Die piet-my-vrou is een van die algemeenste in die bosryke dele van Suid-Afrika, van Kaapstad tot Natal. Bereik Kaapstad in Oktober, maar bly selde vir die winter. Word soms in tuine gesien op soek na neste van rooiborsies. Sien Mietjie en Voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koekemankloof
Volgende onderwerp: Koerant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:51:37 MGT 2024