Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koegas-Wreedhede
Koegas-Wreedhede [boodskap #122544] So, 23 Desember 2018 06:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Koegas-Wreedhede was 'n voorval in 1879 aan die noordwesgrens van die Kaapkolonie. Die gruweldade is gepleeg toe 'n kommando burgers gestuur is om 'n opstand van Korannas en ander stamme te onderdruk. Verskeie gevangenes is deur hulle wagte geskiet. By 'n ander geleentheid is 'n kamp waarin 'n aantal vroue en kinders was, op 'n plek genaamd Koegas, aangeval en die verdedigers is genadeloos doodgemaak. Besonderhede van die slagting het uitgelek en vyf blanke mans is op aanklag van moord in hegtenis geneem. Hulle is vir verhoor na Victoria-Wes geneem, maar rassegevoelens het hoog geloop en 'n jurie het hulle vrygespreek. Geweldige polemiek het ontstaan. Dit loop uit op 'n lasteraksie waarin die Prokureur-generaal van die Kaapkolonie, mnr. (later sir) Thomas Upington die redakteur van die Cape Argus vir £10,000 skadevergoeding gedagvaar het. Hy is £5 toegestaan met koste. Die saak is later in die Britse Laerhuis opgehaal en het die aandag geniet van invloedryke kringe in Europa.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koedoe
Volgende onderwerp: Koekemakranka
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:21:56 MGT 2024