Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koedoe (Strepsiceros capensis)
Koedoe [boodskap #122543] So, 23 Desember 2018 06:38
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Koedoe.
'n Koedoe.
Die Koedoe (Strepsiceros capensis) is 'n bok wat in reservate in Oos-Kaapland, ook in Noord-Kaapland, die Kalahari, Namibië (Suidwes-Afrika), die Krugerwildtuin, Zoeloeland, Mosambiek en Zimbabwe (Rhodesië) aangetref word. 'n Indrukwekkende dier, 1½ meter (5 voet) hoog van die skouer af. Bekend vir die groot gedraaide horings eie aan die bul. Koedoes is lief vir digte boswêreld en rivierbeddings. Geneig om skugter te wees. Heerlike vleis maar word nou streng beskerm. Dit was nie voor 1834 dat die eerste volledige monster van 'n koedoe vir studiedoeleindes verkry is nie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kocksoord
Volgende onderwerp: Koegas-Wreedhede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:35:46 MGT 2024