Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kock, Generaal Johannes Hermanus Michiel
Kock, Generaal Johannes Hermanus Michiel [boodskap #122541] So, 23 Desember 2018 06:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Johannes Hermanus Michiel Kock was 'n Boereleier en soldaat. In 1836 in die Kaap gebore. Sluit aan by die Groot Trek en neem deel aan e die Slag van Boomplaats. Hy word landdros van Potchefstroom in die Suid-Afrikaanse Republiek en word ook as Volksraadslid vir daardie gebied verkies. Stel belang in kerksake en was grotendeels verantwoordelik vir die aanvaarding van die beleid om alle Protestantse predikante uit staatsfondse te betaal. In 1891 word hy lid van die Uitvoerende Raad en in 1899 word hy aangestel in bevel van sekere Boeremagte in Noord-Transvaal. Gewond in die Slag van Elandslaagte en oorlede 'n paar dae later, in 1899.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Koch, Dr. Robert
Volgende onderwerp: Kocksoord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:34:11 MGT 2024