Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Koch, Dr. Robert
Koch, Dr. Robert [boodskap #122540] So, 23 Desember 2018 06:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Robert Koch was 'n Duitse bakterioloog en ontdekker van die metode om runderpes te behandel. In 1843 in Clausthal, Duitsland gebore. As grondlegger van bakteriologie het hy 'n reeks geskiedkundige ontdekkings gedoen wat die Tuberculosis bacillus insluit en 'n metode om miltsiekte te behandel. In 1896 deur die Kaapse regering versoek om 'n behandeling vir en teenmiddel teen runderpes te vind. Hy het hoofsaaklik in Kimberley en Betsjoeanaland gewerk en het 'n metode ontwikkel om serum van besmette beeste wat gesond geword het, in te spuit. Dit het die siekte vir 'n beperkte tydperk verhoed indien dit in groot dosisse toegedien word. Later het hy bewys dat beter resultate verkry word as die gal van siek diere gebruik word. Koch se pogings was die begin t van die uitbreiding van veeartsenykundige navorsing in Suid-Afrika. Hy verwerf die Nobel-prys vir medisyne in 1905 en is in 1910 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kobra
Volgende onderwerp: Kock, Generaal Johannes Hermanus Michiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:51:06 MGT 2024