Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Knorhaan
Knorhaan [boodskap #122536] So, 23 Desember 2018 06:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Knorhaan kan na een van die volgende verwys:

1. Bekende vlak- en diepwatervis van middelmatige en warm see. Ietwat minder as 12 duim lank. Alle soorte word gekenmerk deur gepantserde kop en borsvinne wat vingeragtig uitstraal en hom steun as hy op die bodem van die see 'loop' om krappe en ander aas uit te krap. 'n Uitstaande benerige snoet wat ook deur die sand ploeg.

2. Steenbras, Gespikkelde tiervis (Pomadasys operculare) is eetvis aangetref van die Agulhasbank na Natal, Oos-Afrika en Indiese Oseaan. Ongeveer 15 duim lank. Die naam 'knorhaan' (Engels: Grunter) kom van die geluid wat hy maak en 'tier' van sy ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse gespikkelde luiperd. Die vroeë setlaars het dit verkeerdelik 'tier' genoem. Sien Tjor-Tjor en Swart-en-Wit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Knopneuse
Volgende onderwerp: Knysna
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:37:31 MGT 2024