Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Klopsekarnaval
Klopsekarnaval [boodskap #122532] So, 23 Desember 2018 06:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Klopsekarnaval is die feesviering van die Kleurlinggemeenskap in Kaapstad en omgewing tydens die eerste twee dae van die nuwe jaar en word gekenmerk deur uitbundige optogte van musikante en sangers uitgedos in fantastiese kostuums wat 'n hoogtepunt bereik in verskeie finale saamtrekke by sportterreine ens. Hierdie jaarlikse gebeurtenis het sy oorsprong in die voorregte wat vroeër dae aan die slawe op Tweede Nuwejaar gegun is. Dit word nou bestempel as 'n belangrike toeristeaantreklikheid tydens die Kaapse somerseisoen, soortgelyk aan die Mardi Gras van die Negers van New Orleans.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Klops
Volgende onderwerp: Klossiegras
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:19:08 MGT 2024