Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kleredrag (Kleding)
Kleredrag [boodskap #122520] Sa, 22 Desember 2018 19:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kleredrag is die bedekking wat mense oor hulle liggame dra om hulle naaktheid te bedek. Verskillende kledingstukke word gebruik om verskillende dele van die liggaam te bedek. So kan die lyf met 'n hemp of rok, arms met moue, bene met 'n langbroek of romp, hande met handskoene, voete met kouse en die kop met 'n hoed of mus bedek word. Klere word vir modieuse redes of as statussimbool 'n verskillende styl gedra.

Ten spyte van die eenvoud van hulle drag, het die verskillende stamme in Suid-Afrika altyd baie besliste modes gehad. Die Zoeloe 'umutsha', deur Father Bryant beskryf as "'n loshangende voorskoot van soepel velle aan die agterkant en 'n bos pelsagtige sterte van voor", was 'n volledige bedekking vir die manlike lende. Die Khoikhoi (Hottentotte) daarenteen was tevrede met slegs 'n bedekking van voor. Xhosamans was tevrede met 'n 'isi-dwaba', of velkaros, en 'n bokvelsak om hulle paar besittings, veral tabak, in te dra. Die Bavenda in Noord-Transvaal verkies 'n 'tsindi' of langwerpige strook leer van bokvel gemaak wat aan 'n lyfband, die 'ludedi', gewerk is wat dan om die middel gedra word, byna soos 'n lendedoek.

Vanweë die koue klimaat in hulle land, bedek die Basoeto's hulle met 'n wolkombers, of 'mophoso' soms ook een van katoen (of lapae).

Basoeto's is merkwaardig in dié sin dat hulle die enigste Bantoeras is wat hoede dra, bekend as 'katiba' of 'thloro', wat van strooi gevleg word. Zoeloekrygsmanne het 'n tipe uniform ontwikkel; die verskillende regimente van Tsjaka en ander vroeë konings het verskeie hooftooisels en ander bedekkings soos lyfbande van wit beesvel, beessterte of kenmerkende skilde gedra. Getroude Zoeloevroue het tradisionele kort halfrokkies van swart leer gedra, besonderhede van tooisels verander volgens die plaaslike modes; die jong meisies het slegs 'n klein fraiingbedekking van donkerbruin tou (van 4 tot 12 duim in grootte) gedra. Dit staan bekend as 'n 'umkindi'. Kralewerk op kleredrag is vroeër slegs deur die welgestelde gedra, maar as gevolg van verminderde pryse het dit as versiering feitlik algemeen geword.

Die Xhosas het die halfrokkie of 'isikaka' van osvel gedra. Dit is gebrei tot dit sag is en dan gekleur. Saam hiermee gaan die 'um-nweba', of vrouekaros, waaraan die 'isi-baca'; 'n soort kappie van vel gemaak, geheg is. Armbande en ringe was ook hoog in die mode asook 'n gordel versier met koperskyfies. Bavendavroue het vroeër 'n mantel van bokvel of beesvel oor hulle skouers gedra, maar vandag is dit vervang deur 'n mantel van materiaal was as 'mwenda' bekend staan. Die kenmerkende teken van die getroude vroue is die 'tshirivha; gemaak van bok- of skaapvel en saggemaak deur dit te vryf met mis-en-water. Dit word om die middel en om die heupe gedra, met die hare teen die vel. Volgens gebruik moet dit deur die vader of die verloofde van die vrou gemaak word.

Khoikhoivroue het oorspronklik slegs 'n lyfband met leerflappe gedra wat nie juis enige spesifieke deel van die liggaam bedek het nie.

Die Hererovroue is bekend vir hulle buitengewone hooftooisels, 'n soort helmhoed van dik vel gemaak, met oorvormige aanhangsels wat aan albei kante uitsteek en lang buisvormige stringe wat van agter afhang.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Klerksdorp
Volgende onderwerp: Klimaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:53:04 MGT 2024