Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kleurlingsake
Kleurlingsake [boodskap #122518] Sa, 22 Desember 2018 19:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sedert 23 Oktober 1958 het daar 'n afsonderlike Departement van Kleurlingsake onder die Suid-Afrikaanse Regering bestaan met sy hoofkantoor in Kaapstad en 'n Kommissaris as sy permanente hoof. Die eerste persoon wat dié pos beklee het, was dr. I.D. du Plessis. Die sake wat dit hanteer het, sluit in Kleurlingonderwys, Maatskaplike Dienste, Verbeterskole en Kinderwelsyn. Die meeste van die personeel was self Kleurlinge. Ingevolge die Wet op die Afsonderlike Verteenwoordiging van Kiesers van 1951 is die Kleurlingkiesers van die Kaap op 'n afsonderlike kieserslys geplaas waarvolgens hulle 4 blankes kon kies om hulle belange in die Volksraad te verteenwoordig. Daarbenewens het hulle 5 benoemde Senatore en 2 blanke lede van die Kaapse Provinsiale Raad gehad wat deur die Kleurlingkiesers gekies is. Die Kleurlingraad wat verkies is deur lede van die Kleurling-, Maleise en Griekwagemeenskappe is beskou as 'n voorloper van 'n toekomstige Kleurlingparlement wat die sake van dié gemeenskap sou hanteer. Die Kleurlingontwikkelings- en Beleggingskorporasie wat deur openbare geld gefinansier is, is ingestel om te help met die geldelike en sakevooruitgang van die groep. Sien ook Universiteitskollege van Wes-Kaapland.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Klik
Volgende onderwerp: Klerksdorp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:25:33 MGT 2024