Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Klein Vrystaat
Klein Vrystaat [boodskap #122515] Sa, 22 Desember 2018 19:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Klein Vrystaat was 'n klein Boererepubliek aan die oosgrens van Transvaal. Word op 10 Maart 1886 gestig in die gebied wat in 1877 deur opperhoof Umbandine van Swaziland aan F.I. Maritz en J.F. Ferreira geskenk is. Die hele republiek het sowat 15,000 morge of minder as 50 vk. myl beslaan en het 'n bevolking van 72 gehad. Dit bestaan 5 jaar lank en is bestuur deur 'n driemanskap. Op 2 Mei 1891 is dit as Wyk Nr. 1 van die distrik Piet Retief by die Suid-Afrikaanse Republiek ingelyf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Klein Visrivier
Volgende onderwerp: Kleinsee
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:20:16 MGT 2024