Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kleim
Kleim [boodskap #122509] Sa, 22 Desember 2018 09:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kleim is 'n grondgebied toegeken aan 'n burger ingevolge die Mynwet van Suid-Afrika of Zimbabwe (Rhodesië) waarop hy mag prospekteer en delf. Die stelsel het sy oorsprong in die Verenigde State. Dit is oorgedra na Australië en in die jare 1860 na Suid-Afrika gebring. Daar is twee soorte kleims: 'Prospekteerders' en 'Delwers'. Die grootte hang af van die aard van die mineraal wat ontgin word. Goudkleims in die Transvaal was 150 voet breed en 400 voet lank. Die voorwaarde is dat die breedte met die rif sal loop en die lengte teen die rif. Indien moontlik moes dit reghoekig wees en kon dit nie 60,000 vierkante voet oorskry nie. Diamantkleims in Kaapland was 30 voet by 30 voet en in die Vrystaat 90 voet by 90 voet. In Zimbabwe (Rhodesië) kon goudkleims nie 'n oppervlakte van 90,000 voet oorskry nie, en geen enkele kleim kon meer as 150 voet langs die rif wees nie. Onedele metaalkleims in Suid-Afrika en Zimbabwe (Rhodesië) was groter as goudkleims.

Kleimroof ('Claim Jumping') is die onwettige besetting van myngrond, veral kleims, dikwels deur bedrog of geweld.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Klawer
Volgende onderwerp: Klein Bergrivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:49:44 MGT 2024