Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kitchener, Graaf van Khartoem (Horatio Herbert Kitchener)
Kitchener, Graaf van Khartoem [boodskap #122502] Sa, 22 Desember 2018 09:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kitchener, Graaf van Khartoem (Horatio Herbert Kitchener) was 'n Britse soldaat. In 1850 in Ierland gebore en opgelei vir die Royal Engineers aan die Militêre Akademie, Woolwich, waar hy in 1867 ingeskryf het. In 1882 begin sy lang loopbaan in Egipte en die Soedan. Hy is Goewerneur-generaal van die Oostelike Soedan in 1886 en opperbevelhebber van die Egiptiese magte in 1892. Ses jaar later behaal hy 'n oorwinning oor die Soedan en neem sodoende wraak op die dood van generaal Gordon by Khartoem. Die volgende jaar word hy na Suid-Afrika gestuur as stafhoof vir lord Roberts en in 1900 volg hy laasgenoemde op as opperbevelhebber. Kitchener se vernaamste talent was organisasie. Hy skep die blokhuisstelsel, onderdruk die opstand in Noordwes-Kaapland en ten spyte van baie terugslae het hy die oorlog met die Vrede van Vereeniging in 1902 beëindig. Hy word minister van oorlog in 1914, en werf 3,000,000 manskappe deur vrywillige diensplig voordat verpligte krygsdiens ingevoer is. Hy is op die vooraand van die Rewolusie na Rusland gestuur. In 1916 verdrink hy aan die kus van Noord-Skotland in H.M.S. Hampshire.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kirstenbosch
Volgende onderwerp: Kittermaster, Sir Harold Baxter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:17:45 MGT 2024