Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kipling, Joseph Rudyard
Kipling, Joseph Rudyard [boodskap #122499] Sa, 22 Desember 2018 09:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Joseph Rudyard Kipling was 'n Engelse digter en romanskrywer. In 1865 in Indië gebore en ontvang opleiding in Engeland. Hy verwerf beroemdheid deur sy gedigte en verhale toe hy redakteur en medewerker was van die Civil and Military Gazette in Lahore. Reis oral in Asië en Amerika. Hy het sy kontakte met Suidelike Afrika hoofsaaklik te danke aan Cecil John Rhodes wat hom na die Kaap uitgenooi het. Rhodes het 'n huis, bekend as 'The Woolsack', digby Groote Schuur, tot sy beskikking gestel tydens sy talryke besoeke ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog. Na die Britse besetting in 1900 het Kipling 'n rol gespeel as tydelike redakteur van The Friend, in Bloemfontein. Hy het 'n hele aantal bekende gedigte en verhale oor Suid-Afrika geskryf asook die inskripsie op die Rhodes-Gedenksteen by Groote Schuur. Hy is in 1936 in Engeland oorlede. Hy het tot die einde kontak met Suid-Afrika behou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kinross
Volgende onderwerp: Kirkwood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:05:28 MGT 2024