Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » King William's Town
King William's Town [boodskap #122497] Sa, 22 Desember 2018 08:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
King William's Town is 'n dorp aan die Buffelsrivier in Oos-Kaapland. Vernoem na William IV van Engeland. Eerw. John Brownlee het in 1825 'n sendingstasie by Tsatsoe se kraal gestig. Daar was geen blanke gemeenskap tot 1835 nie. Toe het sir Benjamin D'Urban, Goewerneur van die Kaapkolonie, die dorp King William's Town as hoofstad van die Provinsie van koningin Adelaide uitgelê. 'n Jaar daarna is hierdie provinsie in opdrag van die Britse minister van kolonies, lord Glenelg, aan die naturelle teruggegee want dan ook die dorpie tot niet gemaak het. In 1847 is dit weer deur goewerneur sir Harry Smith opgerig wat dit die hoofstad gemaak het van wat later Brits-Kaffrarië geword het. Die dorp het vooruitgegaan as militêre, administratiewe en handelsentmm wat ook wamakery en ander bedrywe ondersteun het. Vandag is daar 'n groot tekstielfabriek by Zwelitsha. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 14,120 (6,800 Blankes, 3.745. Kleurlinge, 5,300 Bantoes en 132 Asiate).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kingswood College
Volgende onderwerp: Kinross
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:57:06 MGT 2024