Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kingsburgh
Kingsburgh [boodskap #122494] Sa, 22 Desember 2018 08:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kingsburgh is 'n munisipaliteit aan die Natalse Suidkus gestig met die samesmelting van Doonside, Warnerstrand, St. Winifreds, Winkelspruit, Karridene en Illovostrand. Dit strek 'n hele aantal myl langs die kus en dek 'n totale gebied van 2,400 acres. Die oorspronklike Gesondheidskomitee word 'n Gesondheidsraad in 1931. 'n Dorpsraad in 1942 en 'n munisipaliteit in Oktober 1952. Kingsburgh lê ongeveer 20 myl besuide Durban aan die hoof Suidkuspad en elke dorpie het sy eie spoorwegstasie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: King, Richard (Dick) Philip
Volgende onderwerp: Kingsley
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:43:44 MGT 2024