Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kiaathout, Kaapse (Adinia galpii)
Kiaathout, Kaapse [boodskap #122485] Sa, 22 Desember 2018 08:24
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaapse Kiaathout (Cape Teak) (Adinia galpii D. Oliver). Swaziland. Boom 30-90 voet. Uitstekende werkhout wat ooreenkom met kiaathout.

Rhodesiese kiaathout: Belangrike variëteit werkhout wat in Zimbabwe (Rhodesië) en Zambië gegroei word en sowel in die boubedryf as in die meubelbedryf gebruik word. Hoewel dit nie botanies gesproke identies is aan Djatihout (Tectona grandis) nie, het dit die grondslag gevorm van 'n bedryf wat strek van die Khamirivier af tot noord van die Gwaairivier en deur die Shangam- en Umgusa-vallei. Altesaam beslaan hierdie bos meer as 2,000 vierkante myl.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kiaathout
Volgende onderwerp: Kiepersol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:53:49 MGT 2024