Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Khama
Khama [boodskap #122481] Sa, 22 Desember 2018 08:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Khama was Koning van die Bamangwato en een van die grootste leiers wat die nie-blanke stamme nog opgelewer het. Volgens onlangse navorsing is hy ongeveer in 1837 gebore. Hy raak gewikkel in stamrusies. Word in 1860 gedoop. Op 'n vroeë stadium het hy besluit om 'n verbod te plaas op die gebruik van sterk drank in al die gebiede onder sy beheer. Dit word van krag nadat hy in 1872 kaptein word. Hy het aanvalle van die naburige Matabeles afgeweer en het vasgestaan teen alle pogings van die Boere om hulle mag tot in sy gebied uit te brei. Later raak hy vriendelik-gesind teenoor die Britte en gee sy steun aan die Pioneer Column van Cecil Rhodes. Khama besoek Engeland in 1895 en word deur Koningin Victoria ontvang. Hy geniet groot aansien by sowel blankes as nie-blankes. In 1922 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Khalifa
Volgende onderwerp: Khami-Bouvalle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:51:21 MGT 2024