Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kestell, Ds. John Daniel
Kestell, Ds. John Daniel [boodskap #122478] Vr, 21 Desember 2018 19:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ds. John Daniel Kestell was predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Bybelvertaler, skrywer en kultuurleier. As skrywer het hy soms die skuilname Afrikanus Jr. en Leinad gebruik. In 1854 in Natal gebore. Studeer in Holland en word in 1882 predikant in Kimberley waar hy tot 1894 bly. Hy verhuis na Harrismith. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het hy by die Vrystaatse magte aangesluit as kapelaan. Nadat hy etlike jare lank veldprediker was, dien hy as sekretaris van die Vredeskonferensie in Vereeniging saam met D. van Velden. Hy het later die erkende verslag van die verrigtinge geskryf, sy oorlogsondervindings en 'n biografie van generaal De Wet in Afrikaans. Later jare is hy herhaaldelik moderator, ook redakteur van Die Kerkbode en 'n vertaler van die Bybel in Afrikaans. Dit is aan hom te danke dat die Reddingsdaadbeweging in die lewe geroep is om die arm Afrikaner te help. Hy is in 1941 oorlede en is aan die voet van die Bloemfonteinse Vrouemonument begrawe.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kestell
Volgende onderwerp: Khalifa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:13:54 MGT 2024