Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kerr, Philip Henry (Markies van Lothian)
Kerr, Philip Henry [boodskap #122475] Vr, 21 Desember 2018 19:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Philip Henry Kerr (Markies van Lothian) was 'n staatsman, skrywer en amptenaar. In 1882 in Londen gebore. Studeer aan Oxford en kom in Januarie 1905 na Suid-Afrika as 'n lid van lord Milner se beroemde "Kindergarten". Hy beklee belangrike betrekkings onder meer dié van assistent-sekretaris vir Interkoloniale Raad en van die Komitee van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë asook die Transvaalse Armlastigheidskommissie. In 1908 word hy redakteur van The State. Oorlede in 1940.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kerfstok
Volgende onderwerp: Kersebos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:26:35 MGT 2024