Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kemp, Generaal Christoffel Greyling
Kemp, Generaal Christoffel Greyling [boodskap #122468] Vr, 21 Desember 2018 19:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Christoffel Greyling Kemp was 'n Suid-Afrikaanse soldaat en kabinetsminister. In 1872 in Transvaal gebore. Gaan na die Staatsgimnasiumskool in Pretoria en kwalifiseer in 1889 as onderwyser. Twee jaar later aanvaar hy 'n pos in die Departement van Onderwys van die S.A. Republiek en word ook 'n luitenant in die Vrywilligerkorps van die Krugersdorpse distrik. Veg in naturelleveldtogte en teen die Jameson-invallers. Hy onderskei hom in die Tweede Vryheidsoorlog en word generaal. Met die vorming van die Verdedigingsmag in 1912 word hy 'n offisier en sluit aan by die 1914-Rebellie. Onderneem met sy eenheid 'n historiese trek deur die Kalahari-woestyn na die nederlaag van die Rebelle en bereik die Duitse gebied. Later het hy oorgegee aan die S.A. owerheid en is in die tronk gestop, maar weer in 1916 vrygelaat. In 1920 word Kemp L.V. vir Wolmaranstad en in 1924 Minister van Landbou en onder generaal Hertzog word hy Minister van Lande in 1936-39. Oorlede in 1946. Sy gedenkskrif het onder die titel Vir Vryheid en vir Reg verskyn.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kelvin Grove
Volgende onderwerp: Kempton Park
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:12:45 MGT 2024