Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Katolieke Kerk
Katolieke Kerk [boodskap #122439] Vr, 21 Desember 2018 13:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die binnekant van 'n Katolieke kerk.
Die binnekant van 'n Katolieke kerk.
Die Rooms-Katolieke Kerk is die eerste en grootste Christelike godsdiensdenominasie met meer as 'n miljard lede. Die setel van die kerk is in die Vatikaanstad in Rome.

Katolieke Kerk in Suidelike Afrika

Die eerste Katolieke diens in Suid-Afrika wat aangeteken is, is toe die mis opgedra is tydens die oprigting van die Padrao van St. Gregory in 1487 deur Bartholomeüs Dias op Santa Cruz-eiland, naby Algoabaai. Die eerste Katolieke plek van aanbidding was 'n klein kapél wat in 1501 deur João de Nova op Mosselbaai gebou is. Die oudste Katolieke kerk in Suid-Afrika is St. Mary's Katedraal, Kaapstad, wat in 1840 begin is. Tot 1805, met die aankoms in Kaapstad van drie priesters uit Nederland, was daar geen georganiseerde Katolieke godsdiens nie, hoewel daar Katolieke onder die inwoners aan die Kaap was. Sendingwerk onder die Bantoes het in 1854 begin toe twee priesters deur biskop Allard, O.M.I. na Zoeloeland gestuur is. Die Mariannhill-Sendinggenootskap is uit die Trappiste, wat die Mariannhill-Sending in 1883 gestig het, ontwikkel. 'n Aantal godsdienstige ordes arbei in Suid-Afrika, veral die Jesuïete, Dominikane en Franciskane, en ook ander moderner ordes.

Die Pous is in Suidelike Afrika verteenwoordig deur 'n Apostoliese afgevaardigde. In 1964 is aartsbiskop Owen McCann van Kaapstad as die eerste Suid-Afrikaanse Kardinaal benoem. Daar is vyf kerklike provinsies - Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein, Durban en Harare (Salisbury) - met 'n metropolitaanse aartsbiskop in elk van hierdie bisdomme.

In 1963 was daar 1,738,821 Katolieke in Suidelike Afrika (uitsluitend Mosambiek), bestaande uit 1,404,143 Bantoes, 188,677 Blankes, 136,363 Kleurlinge, 8,260 Indiërs, 1,378 Sjinese, met 111,037 katkisante bedien deur 1,644 priesters, 850 monnike, 6,824 nonne en 3,770 katkiseermeesters. In die Republiek van Suid-Afrika was daar 736,197 Bantoe-Katolieke, in Zimbabwe (Rhodesië) 274,650, in Namibië (Suidwes-Afrika) 61,472 en Lesotho 331,824. Blanke Katolieke tel 160,832 in die Republiek van Suid-Afrika, 24,162 in Zimbabwe, 2,836 in Namibië en 847 in Botswana. Kleurling - Katolieke het 123,178 in die Republiek getel, 3,917 in Zimbabwe (Rhodesië), 7,183 in Namibië en 1,285 in Swaziland.

In 1963 het die Katolieke Kerk in Suidelike Afrika beskik oor 1,749 kerke, 647 kloosters, 2,313 skole met 400,089 leerlinge, 109 hospitale, 279 apteke, 61 weeshuise, 193 koshuise en 71 ander inrigtings.

Om historiese oorwegings val die organisasie van die Kerk in Portugees-Oos- en Wes-Afrika onder die Heilige Kongregasie van die Kerkraad.

Die Metropoliet van Mosambiek (Lourenço Marques), wyle kardinaal Teodosio Clemente de Gouveia, is in 1946 aangestel as lid van die Heilige Kollege van Kardinale. Hy is oorlede in 1962 en is as metropoliet opgevolg deur aartsbiskop Alvin.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Katlagter
Volgende onderwerp: Katonkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:13:57 MGT 2024