Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kasterolie, Wilde (Ricinus communis)
Kasterolie, Wilde [boodskap #122434] Vr, 21 Desember 2018 07:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Wilde Kasterolie
Wilde Kasterolie
Die wilde kasterolie of kasterolieboom (Ricinus communis) is is 'n indringerplant wat as 'n struik of klein boompie volop dwarsdeur Suid-Afrika voorkom. Die boom is inheems aan Ekwatoriaal-Afrika. Dit groei aan rivieroewers, vlei-oewers en langs paaie. Sien Noorsdoring.

Die plant het 'n kenmerkende loof en helder sap (kasterolie) in die lote en blare. Die takke is glad met 'n liggrys, poeieragtige glans. Die blare is groot, enkelvoudig en stervormig. Hulle is donkergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die blommetjies is rooierig en verskyn in eindstandige are. Die vrug is 'n drielobbige kapsule wat met sagte stekels bedek is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kasteel die Goeie Hoop
Volgende onderwerp: Katel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:45:25 MGT 2024