Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kasteel die Goeie Hoop
Kasteel die Goeie Hoop [boodskap #122433] Vr, 21 Desember 2018 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kasteel die Goeie Hoop is 'n fort opgerig deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie om die Kaapse nedersetting te beskerm. Oudste historiese gebou in Suid-Afrika. Konstruksie in 1664 goedgekeur en bouwerk is in 1666 onder Goewerneur Isbrand Goske begin. Vordering onderbreek van 1667 tot 1672, eindelik voltooi in 1679. Die kasteel het 'n vestingbolwerk op elkeen van die vyf hoeke bekend as Oranje, Leerdam, Nassau, Buren en Catzenellenbogen, vernoem na die titels van die Prins van Oranje. Die Kasteel het die Goewerneur en administrasie gehuisves totdat die Britse administrasie oorgeneem het en die Goewermentshuis die amptelike woning van die Goewerneur geword het. Die kasteel bly militêre hoofkwartier. Eerste drukwerk in Suid-Afrika is daar onderneem. Hoewel 'n nasionale monument is dit nog die hoofkwartier van die Weermag in Kaapland. 'n Deel daarvan word nou gebruik vir historiese prente en ander oudhede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kastaiing, Kaapse
Volgende onderwerp: Kasterolie, Wilde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:14:20 MGT 2024