Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kariba
Kariba [boodskap #122420] Vr, 21 Desember 2018 06:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kariba is 'n skeur in die Zambezirivier onder die Victoria-waterval, die terrein van die grootste dam en hidro-elektriese skema in Afrika en een van die grootstes in die wêreld. Die bouwerk wat in 1955 begin het na 'n noukeurige ondersoek deur plaaslike en oorsese deskundiges, kos na berekening sowat £80,000,000. Dit is gedeeltelik gefinansier deur die Wêreldbank, deur regeringstoekennings en deur kopermyngroepe in Zambië wat saam met 'n groot deel van Zimbabwe (Rhodesië) deur die dam bedien word. Die damwal, sowat 250 myl van Harare (Salisbury), dam die Zambezi op in 'n groot meer sowat 180 myl lank. Die wal is 420 voet hoog en 'n kragsentrale in 'n berg kan sowat 600,000 kilowatt opwek. Die skema het die hervestiging tot gevolg gehad van duisende naturelle wie se gronde oorstroom is. 'n Netwerk van kraglyne strek dwarsoor Zimbabwe (Rhodesië) en tot by die Koperstreek.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kareeboom
Volgende onderwerp: Karibib
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:55:07 MGT 2024