Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kampsbaai
Kampsbaai [boodskap #122403] Do, 20 Desember 2018 19:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kampsbaai is 'n voorstad van Kaapstad en gewilde kusoord. Vernoem na Von Camptz, 'n amptenaar van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie aan wie die plaas Ravensteyn, langs Kloofnek, behoort het. Kampsbaai is vroeër gebruik as 'n kuswoning vir menige vroeëre Britse Goewerneur. The Round House, onderkant Kloofnek, was lord Charles Somerset se jaghuis. Kampsbaai was deel van Woodstock se munisipaliteit en sy afsondering het die instelling van munisipale en ander dienste vertraag.

Sy vooruitgang het begin met die bou van 'n tremlyn in 1902 (sedertdien vervang deur busse) om Leeukop. Verder ontwikkel sedert 1913 toe verskeie kleiner munisipaliteite saamgesmelt het as die Kaapstadse munisipaliteit.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kampong
Volgende onderwerp: Kanarie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:01:46 MGT 2024