Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kampong
Kampong [boodskap #122402] Do, 20 Desember 2018 19:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kampong is 'n tipe behuising vir werkers. Dit is algemeen gebruik op die persele waar werknemers van myn- en nywerheidsmaatskappye gehuisves is. Die woord is afgelei van Maleis. Die kampongstelsel is deur De Beers en ander maatskappye begin in die jare 1880 toe die voorspoed van die diamantnywerheid by Kimberley deur grootskaalse diefstal bedreig is. In die strengste vorm hiervan kom dit daarop neer dat die werknemers in 'n ingeslote kamp tydens hulle indiensneming bly. Aan die Rand is groter vryheid toegelaat. Die meeste kampongs was vierkantig in vorm met 'n groot binnehof in die middel, en is dikwels met blomme, bome en grasperke versier. Die latere kampongs het 5,000 of meer werkers gehuisves. Ouer kampongs het groot slaapsale gehad, maar daarna is 8 tot 12 persone per kamer geakkommodeer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kampkoors
Volgende onderwerp: Kampsbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:29 MGT 2024