Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kameelperd (Giraffa camelopardalis)
Kameelperd [boodskap #122398] Do, 20 Desember 2018 18:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kameelperde
Kameelperde
Die kameelperd (Giraffa camelopardalis) is 'n soogdier van die familie Giraffidae. Hulle het kenmerkende lang nekke en relatief kort lywe. Die oorspronklike naam, Camelopard, het ontstaan uit die legende dat dit 'n kruis is tussen 'n kameel en 'n luiperd. Kameelperde, wat eens van die Oranjerivier tot by die Zambezi algemeen was, word nou in Suidelike Afrika slegs in Botswana (Betsjoeanaland), die Krugerwildtuin, Westelike Zimbabwe (Rhodesië) en Mosambiek aangetref. Van 'n aantal spesies is die algemene Suid-Afrikaanse spesies die G. camelopardalis capensis. Die dier is lief vir oop landskap waar daar volop blare van die kameeldoorn (Acacia) is. Die bul is ongeveer 5.6 meter (18 voet 6 duim) hoog en die koei ongeveer 4.9 meter (16 voet). Hy het twee klein horinkies en 'n onontwikkelde derde horinkie. Sy enigste wapen is sy hoewe, sy spoed en sy fyn sintuie. Navorsing is aan die Kaapstadse Universiteit in verband met sy bloedsomloop gedoen, met 'n oog op die voorkoming van beswyming by vlieëniers. Sien Soogdiere.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kameel
Volgende onderwerp: Kamieskroon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:15:21 MGT 2024