Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kameel
Kameel [boodskap #122397] Do, 20 Desember 2018 18:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Kameel.
'n Kameel.
Kameel kan na een van die volgende verwys:

1. Een van twee spesies groot, gelyktonige hoefdiere in die genus Camelus, naamlik die Dromedaris met sy enkele boggel en die Baktriese kameel met die dubbele boggel. Die kameel is nie inheems in Suidelike Afrika nie. Dit is teen die end van die 19de eeu deur die Kaapse regering ingevoer vir gebruik deur die polisie in die Kalahari en Botswana (destyds Betsjoeanaland). Ook na Namibië (destyds Suidwes-Afrika) geneem, spesifiek tydens die Duitse bewind. Aan die begin van die 20ste eeu is die kameel ingevoer na Zimbabwe (Rhodesië). In dele van Suid-Afrika is hy gebruik vir vervoer van pos. 'n Kameelteelstasie is kort na die Eerste Wêreldoorlog in Betsjoeanaland in stand gehou.

2. Naam wat dikwels en foutief aan die kameelperd deur die vroeë Boeresetlaars gegee is. Hulle het slegs kennis gedra van die kameel waarna in die Bybel verwys is in die illustrasies, vandaar die verwarring met die kameelperd. 'n Ander verklaring is dat dit verwar is met die middeleeuse kameelperd (Eng: Camelopard). Die naturaliste van daardie tyd het geglo dat dit 'n kruis tussen 'n kameel en 'n luiperd is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bloedblom
Volgende onderwerp: Kameelperd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:55:58 MGT 2024