Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kaffer
Kaffer [boodskap #122391] Do, 20 Desember 2018 17:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
"Kaffer" is 'n term wat oorspronklik gebruik is vir alle swart inboorlinge van Suid-Afrika, behalwe die Khoikhoi (vroeër Hottentotte genoem) en Boesmans. Die term is afgelei van Arabies wat 'ongelowige' beteken, of van Latynse woorde soos caffraria en caffra, wat lokaal of inheems beteken.

Die term het gaandeweg 'n aanstootlike betekenis in die gedagte van die Bantoe gekry. Deesdae word die term, soortgelyk aan die Noord-Amerikaanse woord nigger, as hoogs aanstootlik geag. Nietemin is sekere samestellings en verbuigings van die woord (soos Kaffrarië) nog in gebruik.

Op die Londense Effektebeurs is die uitdrukking, 'Kaffirs' vir Suid-Afrikaanse aandele gebruik. Die uitdrukking Kaffersirkus ('Kaffir Circus') is gebruik vir 'n afdeling van die Londense Effektebeurs wat in Suid-Afrikaanse goudaandele spesialiseer het.

Onlangse gebruik:

1. Die outobiografie van Mark Mathabane, getiteld "Kaffir Boy" (1986).
2. Anton Goosen se liedjie "Wit Kaffers van Afrika" (Bushrock, 1993).
3. "Kaffir", 'n liedjie deur die Kwaitokunstenaar Arthur Mafokate, waarin hy pleit dat mense die woord uit hul woordeskat verban (1995).
4. Vicki Momberg is drie jaar gevangenisstraf opgelê nadat sy 'n ongewillige polisiebeampte die woord toegesnou het (2018).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.

Vorige onderwerp: Koraalboom
Volgende onderwerp: Kalulushi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:13:26 MGT 2024