Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Sorghum (Giers)
Sorghum [boodskap #122389] Do, 20 Desember 2018 16:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sorghum
Sorghum
Sorghum (Sorghum bicolor) is 'n grasspesie wat verbou word vir graan (voedsel vir mens en dier) en etanolproduksie. Dit is rondom 3000 v.C. in Ethiopië verbou en is daarvandaan oor die hele Afrika versprei. Dit staan ook bekend as giers, groot manna, durra, jowar, of milo. In die vorige eeu is dit kafferkoring genoem.

Sorghumbier, ook bekend as Utshuala, word van sorghum gemaak (en is vroeër Kafferbier genoem). Dit bevat sekere vitamines en besit geneeskundige eienskappe. Vandag word dit op groot skaal in moderne brouerye in Johannesburg, Durban en elders gemaak.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kaapse grensoorloë
Volgende onderwerp: Koraalboom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:11:39 MGT 2024