Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kaapse grensoorloë
Kaapse grensoorloë [boodskap #122388] Do, 20 Desember 2018 16:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaapse grensoorloë (vroeër Kafferoorloë) is die naam gegee aan 'n reeks veldtogte aan die Oosgrens van die Kaapkolonie tussen die Britse (soldate en setlaars) en die Xhosas en ander stamme. Die Eerste Grensoorlog het plaasgevind in 1811-12. Die Tweede Grensoorlog volg in 1818, die Derde Grensoorlog 1819 en die Vierde Grensoorlog in 1834-35. Die Oorlog van die Byl (1846-1848) word gewoonlik nie ingesluit in die genommerde reeks nie, dus het die Vyfde Grensoorlog van 1850 tot 1853 geduur. Die Sesde Grensoorlog was in 1858, die Sewende Grensoorlog van 1877 tot 1878 (ook bekend as die Galeka-oorlog) terwyl die Agste Grensoorlog, bekend as die Tamboekie-oorlog, in 1879 plaasgevind het. Dit was die laaste van die Grensoorloë.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Wildepruim
Volgende onderwerp: Sorghum
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:21:48 MGT 2024