Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kalaharl-woestyn
Kalaharl-woestyn [boodskap #122379] Do, 20 Desember 2018 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kalaharl-woestyn is 'n enorme droë gebied in die middel van Suidelike Afrika aangrensend aan die Kaapprovinsie, Transvaal, Zimbabwe (Rhodesië), Namibië (Suidwes-Afrika) en Angola. Die grootste gedeelte daarvan val binne Botswana (vroeër die Betsjoeanalandse Protektoraat). Sy totale omvang is nagenoeg 350,000 vierkante myl, maar alles hiervan is nie woestyn in die ware sin van die woord nie. 'n Rivier hier en daar en groot soutpanne word daar aangetref. Na die reëns is groot streke uitstekende beeswêreld. In die sanderige streke, veral in die suide, floreer die tsamma (tradisionele veldkos), wat die groepe Boesmans wat destyds daar gejag het aan die lewe gehou het. Watergate bestaan op plekke en daar is volop wild.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kalahari-Skema
Volgende onderwerp: Kalbas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:45:02 MGT 2024