Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kalahari-Skema
Kalahari-Skema [boodskap #122378] Do, 20 Desember 2018 07:00
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kalahari-Skema is as projek deur prof. E.H.L. Schwartz van Grahamstad voorgelê om die toestande in die Kalahari-woestyn te verander deur die Okavangorivier in die verre noorde na sy vroeëre loop te verlê. Sy plan was om water in die rivierstelsel te lei wat jare lank reeds droë lope was en sodoende die reënval van die gebied te verbeter en groot gebiede van die woestyn bewoonbaar te maak. Die goeie steun wat die idee van die boere en ander ontvang het, het die Unie-regering na die Tweede Wêreldoorlog beweeg om 'n kommissie van deskundiges aan te stel om die wenslikheid daarvan dadelik te ondersoek. Hulle verslag was nie bemoedigend nie en min is die afgelope jare van die skema gehoor.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kgalagadi Vredespark
Volgende onderwerp: Kalaharl-woestyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:35:24 MGT 2024