Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kgalagadi Vredespark (Kgalagadi Transfrontier Park)
Kgalagadi Vredespark [boodskap #122377] Do, 20 Desember 2018 06:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kgalagadi Vredespark is 'n nasionale park in Suid-Afrika en Botswana. Dit is saamgestel uit twee aangrensende nasionale parke: die Nasionale Kalahari-Gemsbokpark in Suid-Afrika en die Gemsbok Nasionale Park in Botswana. Dit lê nagenoeg 270 km noord van Upington en 950 km per pad vanaf Pretoria. Die park is bekend vir sy groot getalle bokke, insluitend duisende gemsbokke, ook leeus, wilde volstruise en baie ander spesies. Die landskap bestaan uit rooi sandduine, yl plantegroei, hier-en-daar 'n boom, en die droë rivierbeddings van die Nossob- en Auobriviere. Paaie en ander geriewe vir toeriste is later ontwikkel.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kakiebos
Volgende onderwerp: Kalahari-Skema
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:02:40 MGT 2024