Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Kaap die Goeie Hoop
Kaap die Goeie Hoop [boodskap #122354] Wo, 19 Desember 2018 15:20
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaap die Goeie Hoop is 'n landpunt aan die Kaapse Skiereiland. Dit lê nie so hoog soos die aangrensende Kaappunt waarop die vuurtoring is nie. Die Kaap die Goeie Hoop was waarskynlik bekend aan oosterse seevaarders selfs voor die ontdekking van die Kaap in 1488 deur Bartholomeüs Dias. Sy oorspronklike naam in die Ooste was Kaap Diab. Weens die stormagtige see wat hy hier ondervind het, noem Dias dit Cabo Tormentoso, of Storm-kaap, maar die ronding van die suidpunt van Afrika word deur koning Johannes van Portugal as 'n goeie voorteken beskou, en hy herdoop dit na Kaap die Goeie Hoop.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Kaalfontein
Volgende onderwerp: Kaap Hangklip
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:31:26 MGT 2024