Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Juta, Jan Carel
Juta, Jan Carel [boodskap #122349] Wo, 19 Desember 2018 14:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jan Carel Juta was 'n uitgewer. Gebore in 1824 in Zaltbommel, Holland, uit 'n familie van Stralsund, Duitsland. Trou met Louise Marx, suster van Karl Marx, skrywer van Das Kapital. In 1853 emigreer hy na die Kaap waar hy hom as 'n boekhandelaar en uitgewer vestig. Hy hanteer 'n wye reeks onderwerpe, maar spesialiseer in regsboeke en opvoedkundige werke. Hy begin die eerste gereelde reeks regsverslae in die jare 1860 wat vandag nog verskyn. Hy was ook verantwoordelik vir baie beroemde boeke oor Suid-Afrika, insluitend Thomas Bowler se Album of Cape Town in 1866 en werke oor Bantoetale. Later van tyd het Juta se gesondheid versleg en hy is na Engeland waar hy in 1886 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Juta, Sir Henricus Hubertus
Volgende onderwerp: Juta, Rene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:02:19 MGT 2024